WOEKER

Die een is in Afrikaans.

“En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.” (Mat 25:16)

Woeker!

Dis my nuwe gunsteling woord! Dit beteken “om die meeste van iets te maak”. Die man in Jesus se Gelykenis van die Talente het met die 5 talente (‘n eenheid in daardie tye wat sowat 34kg goud of silver verteenwoordig het), wat hy ontvang het, gewoeker!

Die Pareto Beginsel

Die Pareto beginsel stel voor dat ons spandeer bykans 80% van ons tyd aan die dinge wat net 20% van ons effektiwiteit uitmaak. Dit beteken dat ons spandeer net 20% van ons tyd aan wat 80% van ons effektiwiteit uitmaak! Sjoe! Kan jy dink hoe jy sal woeker as jy 100% van jou tyd kan spandeer aan die dinge wat jou effektief maak? Ek het byvoorbeeld die sommetjie gemaak vir Elroi: net 3 uit ons 14 vakke is eintlik winsgewend! Dit beteken dat 21% van ons vakke moet die ander 79% dra. Dit sit ‘n groot las en traagheid op ons skouers.

Dit is dus bykans onmoontlik om 100% te gee as ek nie ‘n kreatiewe oplossing kry vir die 80% wat ek moet doen maar nie goed mee is en geniet nie.

Hoe kan ek 100% gee

Deel. Iemand anders is nou weer goed en gelukkig met die dinge waarin jy nie is nie. Doen moeite om jou te omring met mense wat anders is as jy en werk saam met hulle, dan kan julle kan albei minder werk en meer effektief wees!

Praktiese Stappe

  • Sit en dink mooi oor waarin jy regtig goed is en wat 80% van jou inkomste/effektiwiteit uitmaak: skryf dit neer.
  • Sit en dink mooi oor watter goed vat 80% van jou tyd maar maak net 20% van jou inkomste/effektiwiteit uit?
  • Nou dink vir elkeen van die items in die tweede groep, aan iemand wat jy ken wat nou weer goed en/of effektief is in hierdie areas.
  • Steek jou trots in jou sak en gaan vra vir hulp en bied jou hulp/hulpbronne aan.

Wat is jou 5 talente? Gaan woeker daarmee om nog 5 te kry!

Like this article?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

Grade 12: 10 skills that you should master

Grade 12 is a pivotal year in your academic journey, setting the stage for your future career and personal growth. Beyond excelling in your exams, …

Read More →

Matric rewrite: 10 Ways to Make the Most of Your Year

Matric rewrite can be stressful, but it also offers a unique opportunity to turn the tables and achieve the results you’ve always wanted. Instead of …

Read More →

Career: 10 reasons why you should become a Graphic Designer

Careers can be challenging to choose, especially when you’re still in high school. If you’re in matric, you might be wondering what path to take …

Read More →
Scroll to Top

This website makes use of cookies to ensure you get the best experience on our website. Visit our privacy policy for more information.